Pages

Wie is ons?


Dis wie ons is. Ons is "Die Melkkos Produksies". In omtrent soveel woorde. Alhoewel dié nie ons tuisblad is nie, het ons dit goed gedink om te blog oor ons (ons jong maatskappy, ons lesse, ons tragedies, ons probeerslae, ons verloorslae, wenresepte, verloor resepte en overall kak idees) sodat ander jong bloed in die vermaaklikheidsbedryf kan leer (sou hulle wou) uit ons foute en sukses verhale.

As jong film maker (sjef) vra mens jouself dikwels: "Wat werk?"

Dit is wat ons hier probeer beantwoord. Deur gedetaileerd te blog wat ons probeer en hoe dit uitdraai, stel ons 'n platform bekend waar ander uit ons foute kan leer. (Of self by ons kan leer).

Ons spog nie die voorstaanders van kennis en wysheid te wees nie, maar ons is 'n bliksemse goeie voorbeeld van 'n gedrewe spannetjie wat met niks (en ek bedoel NIKS) begin het en stadig maar seker hoër begin styg het nie. Ek moet bieg, aan ervaring is daar nie baie kort nie, aangesien ons bestaan uit 'n groep mense wat deur die room van ons industrie gementor is.

Ons staan dus reg in die kollig, en gaan deur die keuses, en maak die foute, en blog daaroor. Want wat is 'n fout as mens nie daaruit kan leer nie, of hoe?

Volg ons blog, lees wat ons skryf en ontleed dit. Hierdie is lesse wat ons leer soos ons aangaan in ons poging om eendag briljant te wees. Moenie ons woord daarvoor vat nie, maar jy kan dalk net iets wys raak. Ons industrie het hulp nodig en hierdie is die minste wat ons (Die Melkkos Produksies) kan doen.


Gaan voort en skiet Noord!

Sjef H-Que