Die regte melkkos resep

Ons verstaan dat daar 'n paar mense is wat hierdie blad per abuis gaan raak Google in hulle soektog na die befaamde Melkkos resep (nie pap snysels of melkpap, of sago melkkos nie). So, net vir hulle, hier is my ouma Coetzee se resep (of altans dit wat ek daarvan kan onthou):

Melkkos
  • 1 liter vars melk
  • 1½ teelepel botter
  • Halwe koppie suiker
  • Een koppie koekmeel
  • 1 teelepel sout (na smaak)

Bruinsuiker
  • 2 eetlepels kaneel vir elke koppie strooisuiker

Metode
Gooi jou melk in 'n pot en laat kook en gooi dan die botter by. Meng droë bestanddele saam. Gooi bietjies bietjies van die kokende melk by die droë bestandele terwyl jy roer, todat dit soos koek deeg lyk, en dan gooi jy weer alles terug in die pot. Hou aan roer totdat dit lyk soos Melkkos. Bedien saam met Bruinsuiker.

No comments: