Wat doen ons?


DIE MAATSKAPPY
DM Produksies (Die Melkkos Produksies) is ʼn jong maatskappy (gestig in 2010) wat ontstaan het uit die nood vir kreatiewe uitlating. Wat eers net rondspeel was het later ontaard in ʼn produksie masjien wat al in samewerking was met gekenne TV name (Corine Du Toit, Lerato Motau) asook gerespekteerde musiek industrie persoonlikhede (Sarah Theron, Ghappi, Karin Hougaard) in hoop om tog nooit stil te sit nie.

DIE DOEL
DM Produksies se hoof doel is om ʼn hartige plesier te verskaf deur die Afrikaner te vermaak op ʼn wyse wat niemand afstoot nie, en in almal ʼn gevoel van “tuis wees” laat. Ons voel dat kwaliteit produksies nie noodwendig gebonde is aan kwaliteit begrotings nie, maar eerder aan kwaliteit stories. DM Produksies streef om die vermaaklikheidsbedryf ʼn oos-wes-tuis-bes inspuiting te gee deur produkte te vervaardig wat volwaardig warmbloedig Afrikaans is.

DIE MENSE
Die DM Produksies span bestaan uit ʼn trio gunstelinge in ons industrie. Met hul passies diep gegrond in die vermaaklikheid, elk met hul eie forte, word daar spesiale aandag geskenk aan elke aspek van elke produksie.

Henque Heymans se loopbaan het destyds begin by Franz Marx Films en versprei tot die film industrie waar hy vandag in samewerking met Film Factory is. Gementor deur Franz Marx staan sy stories en konsepte vir niks terug nie, en het hy bekend geword as ʼn kreatiewe geluk vir enige skryf omgewing.

Met haar Film graad versorg deur TUT het Marise Kruger haarself opgewerk van ʼn assistent posisie by M-net na ʼn gesogte vervaardigerspos by The Refinery. Geslyp deur Leon van Nierop, verstaan Marise die fyn balans tussen kreatiwiteit en logistieke, en funksioneer enige produksie met haar aan die stuur soos ʼn droom.

Emil Struwig, komponis en sanger. Emil het ʼn ryk agtergrond in musiek en is huidiglik te vinde waar hy komponeer in samewerking met Coleske vir kunstenaars soos Heinz Winkler (“1001 Soene”), Romanz (“Dis wat ons harte wil hê”) en Antonie Bougas (“Hart Soldaat”). Glad nie skaam nie, spog Emil ook met talle verhoog produksies agter sy naam, nie te praat van die toekennings nie.

ʼn Kombinasie van 3 ryk persoonlikhede en 3 sterk agtergronde beloof nog elke keer vir ʼn suksesvolle eindresultaat.

DIE PROSES
DM Produksies volg ʼn eenvoudige en effektiewe resep. En as iets nie gebreek is nie, maak jy dit nie reg nie.
Sodra die opdrag ontvang is, is voete besig en ratte aan die draai met die volgende:
  • Binne 4 dae kan die kliënt ʼn opsielys van konseptuele idees verwag.
  • Sodra daar op ʼn konsep besluit is word die begroting uitgewerk.
  • Na die goed keuring van die begroting word ʼn skedule uitgewerk vir alle verpligtinge, vanaf voor-produksie tot na-produksie.
Die skedule word streng na gekom en slegs in uitsonderlike gevalle word daar oorweeg om daarvan af te wyk.

Vir DM Produksies is die verhouding met die kliënt baie intiem en poog ons om alle partye dus ten volle ingelig en betrokke te hou. Ons trots onself daarop om kliente op hoogte te hou van alle ontwikkelinge teen alle tye. Unieke aandag en sorg is aan elke kunstenaar en kliënt wat deur DM se deure loop verseker.

DM produksies is meer as net ʼn produksie maatskappy – DM verskaf diens met oplossings.