4 June 2012

Begin by Bestandele

Enige sjef sal verduidelik dat die belangrikste deel van 'n wenner dis sy bestandele is. Dis nou as die bestandele van die resep skrywer ook van gehalte was. 'n Wen resep moet dus altyd gekonseptualiseer word met die gebruik van bestandele van die beste gehalte. Die aanvaarde standaard, as ek dit so kan stel. Ons industrie (wees bewus dat ek glad nie praat van hotel en spyseniering nie) het 'n bepaalde standaard van dinge doen.
Die filmindustrie is self bestaande uit verskillende, wel, bestandele.


Dis:
  • Jong Produksiehuis

Hoofbestandele:
  • Werwing
  • Voorproduksie
  • Produksie
  • Naproduksie
  • Publisiteit

Nou, ons maak dan so:
Vir 'n flop-vrye produksie huis moet al die bestandele van hoogste gehalte wees, soos genoem. Hoekom? As jy 'n koek bak met een vrot eier, al is die res van jou bestandele waardig om aan die koningin voor te lê, ruik jou koek nie baie lekker nie. Dit mag dalk mooi lyk, en dit mag selfs heerlik proe, maar iewers, al is dit net in die kombuis, sal daar 'n slegte klankie rondhang. En ek persoonlik raak effe tot taamlik negatief met 'n swak smaakie wat my reuk sintuig verkrag. So onnodig.

Al teug hierdie reuk glad nie aan die kwaliteit van die finale produk nie, en versuur slegs die atmosfeer van die kombuis, is daar rede vir kommer. Die kliënt stap dood gelukkig weg maar jou kombuis staf moet sit met die minder as ideale werksomstandighede. Nooit ideal vir goedhartige groepswerk nie. En groepswerk bo alle ander verdien eerste plek op enige Sjef se prioriteitslys. Met kombuis moraal ten gronde, raak ons kuns 'n werk, en dit wil ons nie hê nie.

'n Groter risiko is as die klient self agterkom dat daar 'n onsuimigheid skuil. Dit kos jou heel moontlik (defnitief) sy kliëntediens en dit is iets wat jy nie kan bekostig nie. Maak nie saak wie jy is nie. Ek eet nie by 'n restaurant waar die sjefs baklei nie, en ek verwag ook nie dat my kliënte moet nie.

Dus, sou al jou bestandele roerend voorkom, maar jou "werwing" raak af gedurende die kootyd. Het jy probleme. Al doen jy alles reg, maar jou "naproduksie" laat veel te wense, sal jou dis nie maklik weer bestel word nie.

Kom ek gooi jou kop deurmekaar.

Verbeel jou vir 'n oomblik die bestandele is die eintlike produk. Die draaiboek, die akteurs, die stelle, die beligting, die uitrustings, die kamera, die toerusting. Verbeel jou nou 'n pragtige film. Enige iets. 'n Film wat jy vreeslik geniet het. Kry die film vas in jou derde oog. Nou verbeel jou die akteur, jou gunstelling een, was vervang met een van minder gehalte. Jammer om dit te sê, maar daar flop jou fliek. Nie waar? Reg, dink weer aan die fliek, soos hy huidiglik in jou DVD versamelling verskyn. Verbeel jou die teks was gekryf deur Victor Matfield. Lewe jou fliek nog? (Hier het ons 'n voorbeeld van 'n baie goeie bestandeel, wat net nie reg werk saam die resep nie. Dit gebeur ook.)

Om 'n lang storie kort te maak (is editing se werk, grapje) kan mens opsom dat die bestandele maak die dis. Ek kan vir nog 10 paragrawe uitbrei oor hoe al die sjefs, die kliënt, die resep skrywer en die kelner of toonbank assistent oor dieslefde idee moet beskik aangaande wat die perfekte bestandele behoort te wees, maar dis 'n resep vir 'n ander dag. Waarmee ek jou wil laat, is dat bestandele belangrik is. Die enigste manier hoe jou dis gaan uitkom soos oorpronklik gekonseptuleer, is as jy begin met die beste gehalte bestandele. Werk daaraan om jou span elkeen die beste te maak in hulle afsonderlike velde. Sou iemand sub standaard wees, werk aan hom of haar eerste. Raak ontslae van die vrot produkte in jou spens. As dit nie moontlik is nie, pas jou resep aan om te kan werk met wat jy het.

Woord van advies; Dis moeilik om 'n gekneusde piesang te heel. Maar 'n gekneusde piesang maak die beste piesangbrood.

Tot volgende keer, ek's Sjef H-Que.
Een, twee, drie, blog myself.


No comments: